
=====================================================================
'n Glimlag vir Anna (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Glimlag vir Anna

('n Ware verhaal) Deur Pop Lombard   vir Afrikaans Kreatief se Skoolprojek geskryf.

HAAR klein, skraal lyfie staan vooroor gebuk soos sy werk. Haar lang blonde hare hang vetterig in toutjies oor haar smal skouertjies. Haar 
rooi rokkie is al uitgewas en te klein. 'n Meisie van bykans sewentien met 'n gesiggie waarop die lewe al oor as te veel spore gelaat het.

'n Traan rol oor haar sproetwange. Dit val in die emmer skottelgoed en loop teen 'n gekraakte bord af tot in die olierige water. Die rede 
vir haar trane is nie die eelte op haar voete van te klein skoene nie; dis nie die sere op haar lyfie van yskoue water met geen seep nie. 
Dis ook nie haar skurwe hande of haar kaal skouertjies in die snerpende winterweer nie. Ook nie weggooibrood wat in water gedoop moet word 
nie.

Nee. Dit is die klein hobbeltjie onder haar rokkie. Die hobbeltjie wat daagliks groter en ronder word. Almal weet wat daai hobbeltjie is. 
Dis is nog 'n mond om te voer en nog 'n paar stter. Sy bid dat God haar kind genadig sal wees en dit 'n seun maak. Seuns het soveel meer 
voordele. Veral in 'n plek soos di. As dit 'n meisie is ... Sy hoop net dit is nie. Meisiewees is moeilik.

Sy wonder hoekom God haar 'n kindjie gee. Sou sy gesondig het en nou gestraf word? Sy was nog nooit ongehoorsaam aan Hom nie. As iemand 
gestraf moet word, is dit Willem. Dis hy wat nie wil hoor elke keer as sy s nee nie. Hy s net "shut up en l stil".

Sy het haar ma ges, maar haar ma s net: "Willem is 'n goeie man, hy sal nooit so maak nie. Willem is baie ouer as jy! Jy luister vir 
hom!" Dis waar, Willem is baie ouer as sy. Om presies te wees, sestien jaar ouer.

Die trane rol weer oor haar wange as sy dink aan die dag toe sy tien geword het. Dis toe alles begin het. Sy en Willem was in die sitkamer. 
Haar pa was dronk en het haar ma so geslaan dat sy weggehol het en vir haar, Anna, net so gelos het. Haar ma het eers elf dae later weer 
huis toe gekom. Elf dae waarin haar pa permanent geslaap het en sy en Willem alleen gelaat is. Elf dae waarin die klein Anna tot vrou 
gedwing is. So was dit die afgelope sewe jaar. As Pa geld kry, gaan hy sjebien toe en Ma los vir Anna by Willem "waar sy sal veilig wees", 
soos Ma s.

Anna bid gereeld. Sy vra nie vir God kos of klere nie. Sy vra nie groter skoene of seep nie. Sy vra ook nie God moet help met Willem se 
dinge nie. Sy s net dankie vir die stukkende, verwaarloosde ou Bybel wat sy opgetel het, en dat sy verlos is. En sy s dankie vir haar 
baba. Sy vra net dat dit 'n seun is en ... dat God eendag as sy Hemel toe gaan, vir haar sal glimlag.

Pop Lombard   is in standard 7 aan die Horskool Outeniqua. Die name van die persone in die skets is verander.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5127.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

